Gratis Wiskunde-Rekenaarspeletjies: TimezAttack en Arithmemouse

‘n Vriendin het die afgelope week die speletjie TimezAttack op haar rekenaar geïnstalleer en kon toe verwonderd toegekyk hoe haar Graad 2’tjie oor die volgende paar dae letterlik ure lank sy maaltafels oefen.  Haar seuntjie was egter onder die indruk dat hy besig was om te veg teen ‘ogres’ en sy weg te vind deur ‘n ondergrondse kerker (dungeon) vol monsters en mitologiese gediertes.  Wat ‘n moeitelose en prettige manier vir ‘n kind om sy maaltafels te oefen!

Die gratis weergawe van TimezAttack gee jou kind oefening in al die maaltafels tot by die 12x tafel.

Die volledige weergawe (wat eintlik die skoolopset teiken) bied aan die kind twee addisionele ‘wêrelde’ bo en behalwe die kerker om te verken en doen ook addisionele hersiening met jou kind.  Dit lyk of daar ook optel- en aftreksomme in die volledige weergawe is.  Die volledige weergawe lyk of dit lekker sal kan werk vir ‘n groep maats wat met mekaar wil kompeteer om te sien wie is die TimezAttack-kampioen.

Die speletjie is ongelukkig ietwat te gevorderd vir my Graad 1’tjie en 5-jarige.  Gelukkig het ek vinnig afgekom op ‘n soorgelyke speletjie wat ideaal is vir my tweetjies:  Arithmemouse!  Die gratis weergawe oefen slegs die 2x tafel, maar daar is ook ‘n gratis speletjie waarin die kind optel- en aftreksommetjies kan oefen.  Die volle weergawe kos tans slegs $5, wat sekerlik die moeite werd mag wees as jy sien dat jou kind baat vind by die speletjie.

Iemand genaamd Dr Mike het ‘n baie nuttige resensie op sy website geskryf wat Arithmemouse en TimezAttack vergelyk.

Let daarop dat hierdie speletjies nie ten doel het om vir jou kind wiskundige begrippe aan te leer nie.  Dit is eerder gemik daarop om kinders wat reeds ‘n goeie begrip van vermenigvuldig, optel en aftrek (afhangende van watter speletjie en watter weergawe gebruik word) het te help om berekenings te oefen.

Hierdie speletjies is ‘ware’ rekenaarspeletjies wat agelaai moet word (beskikbaar vir Windows en Mac) en wat regte rekenaarspeletjie-grafika bevat.  Ek stel voor dat kinders wat rekenaarspeletjies speel se tyd op die rekenaar versigtig gemonitor moet word.  Wanneer ek voel dat my kinders genoeg gespeel het (maksimum 30 minute in my huis op ‘n keer), stop ek verkieslik die speletjie deur hulle te nooi om iets lekkers saam met my te doen – bv. buite te gaan krieket speel of ‘n gunsteling storie saam te lees.

Het julle al TimezAttack of Arithmemouse probeer?  Skryf gerus in die opmerkings watter speletjie julle getoets het en hoeveel sterre julle aan die speletjie gee.  Ons gee aan Arithmemouse 4 sterre.

Rating: 4.0. From 1 vote.
Please wait...

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>
*
*