Gratis goeters!

Hierdie bladsy bestaan uit ‘n versameling van gratis audio stories, videostories, elektroniese boeke, rekenaarspeletjies en apps.

Gratis Tel-app: Xander 123 in verskeie Inheemse Tale

Ek het reeds 'n blog artikeltjie geskryf oor die website Xander se oulike betaal-apps, met fokus op hulle spel-apps. Hulle het ook 'n paar gratis apps beskikbaar wat help om ...
Lees meer..

Gratis Luisterstorie: Die Lelikste Dier in die Hele Wêreld

Hierdie voorlesing van die boek, Die Lelikste Dier in die Hele Wêreld (deur Jenny Robson), is gratis beskikbaar gestel deur Ukufunda in samewerking met Grahamstown Friends of the Library. Hier is 'n ...
Lees meer..

Gratis Videostorie: Handa’s surprise

Hier is 'n pragtige videoboek wat animasie gebruik om die innemende ('endearing') storietjie te vertel van Handa wat vir haar maatjie, Akeyo, 'n mandjie vol vrugte vat. https://www.youtube.com/watch?v=y1Vmf4Cwvls Die storielyn ...
Lees meer..

Gratis Afrikaanse Videoliedjies: Lollos

Ek is seker daar is min mammas van kleuters wat nog nie van Lollos gehoor het nie.  Baie mammas moes om die waarheid te sê al so baie keer daarna ...
Lees meer..

Gratis Videostories: Liewe Heksie

Op SABC se youtube-kanaal is agt Liewe Heksie videotjies.  Ek het goeie herinneringe daaraan om Liewe Heksie te kyk as kind. Op 'n positiewe noot is Liewe Heksie 'n reeks ...
Lees meer..

Gratis Wiskunde-Rekenaarspeletjies: TimezAttack en Arithmemouse

'n Vriendin het die afgelope week die speletjie TimezAttack op haar rekenaar geïnstalleer en kon toe verwonderd toegekyk hoe haar Graad 2'tjie oor die volgende paar dae letterlik ure lank sy ...
Lees meer..

Gratis Luisterstorie: Babalela

Sedert ons die eerste keer op Babalela se storietjie (geskryf deur Martie Preller) afgekom het, was my kinders verlief op die klein, pers diertjie. "Babalela is die Sesothowoord vir kleintjie, ...
Lees meer..

Gratis Luisterstorie: Wie het Sirkie Sebra se stepe gesteel?

Hier is 'n lekker gratis luisterstorie vanaf Anna Emm se gewilde Storie Omnibus!  Die stories op hierdie dubbel CD is 'n waarborg vir 'n prettige vakansie, veral wanneer daar baie ...
Lees meer..

Gratis Luisterstorie: Prins Pieter en die ruimteman

Hier is 'n heerlike gratis luisterstorie uit die pen van Anna Emm: https://www.youtube.com/watch?v=i3TfpKF_OPQ Hou julle ook van die storie?  Hoeveel sterre gee julle hierdie storie? ...
Lees meer..

Gratis eBooks: Oxford library

'n Wonderlike, gratis biblioteek van Engelse elektroniese boeke is beskibaar by www.oxfordowl.co.uk.  Daar is meer as 250 beskikbaar!  Dit is nodig om te registreer op die webwerf.  Wanneer jy ingeteken ...
Lees meer..

Gratis Afrikaanse Apps: Dieretuinpret en ander

Solidariteit het deur sy Helpende Hand inisiatief 'n paar gratis apps vir Afrikaanse kinders beskikbaar gestel wat ek hoog kan aanbeveel.  Hier is hulle website:  leesapp.co.za Die apps se doel ...
Lees meer..

Gratis Luisterstories: Poen en Toekie

Poen en Toekie is 'n reeks stories wat aan RSG (Radio Sonder Grense) behoort.  Daar is 227 Poen en Toekie episodes gratis beskikbaar op iono.fm.  Elke episode is 5 minute ...
Lees meer..

Gratis Luisterstorie: Adam en Eva

Hierdie luisterstorie van Anna Emm is gratis beskikbaar op Youtube: https://www.youtube.com/watch?v=c8BMus-XaZU Geniet jy en/of jou kinders hierdie storie?  Kies hier onder hoeveel sterre julle hierdie storie sal gee ...
Lees meer..

Gratis Rekenaarspeletjie, Videos en Bordspeletjies: Teach your Monster to read (Engels)

Een van ons gunsteling aanlyn-rekenaarspeletjies is Teach your Monster to Read. Hier is 'n video met inligting oor hierdie oulike speletjie: Om te speel moet 'n kind vir homself 'n ...
Lees meer..

Gratis Videos, Speletjies en Apps: Peppa Pig (Engels)

Peppa Pig is 'n bekende klein varkie op Brittanje se BBC kanaal.  Ek was aanvanklik nie in my skik daarmee dat die karaktertjies in Peppa Pig lief is daarvoor om ...
Lees meer..