Anna Emm Stories

Ten spyte van al die gratis items wat op die internet beskikbaar is, het ek oor die jare ‘n stapel Anna Emm stories aangekoop.  Die gehalte van Anna Emm se stories is uitstaande, die stories is geweldig kreatief en sonder bose, bangmaak elemente.  Dit is ook perfekte verjaarsdaggeskenkies vir maatjies, veral aangesien die meeste van vandag se kindertjies reeds kaste vol speelgoed het.

Die klankkwaliteit van Anna Emm CDs is puik en die stemme van die voorlesers wat sy gebruik is baie duidelik.  Die CDs is dus perfek om in die kar te luister (of enige plek!).  Ek vind dat ander stemme en stories soms moeilik is om te hoor in die kar en dit is sleg vir almal se gehoor as ‘n mens die volume te hard moet maak om die storie te kan hoor.

Na jare van stories koop, het ek uiteindelik ‘n agent vir Anna Emm se stories geword.

Laai gerus die .pdf weergawe van Anna Emm se Katalogus af om te kyk na die wonderlike wêreld van stories, boeke en DVDs wat Anna Emm geskep het. Jy kan enige van die produkte in die katalogus by my bestel.

Anna Emm Storie: Dokter Wolf (ook in Engels beskikbaar as Doctor Wolf)

Dokter Wolf is nog 'n oulike, kreatiewe storie geskryf deur Anna Emm.  Dit is een van my seuntjie se gunstelinge.  Die voorleser is Anrich Herbst.. Wanneer Dokter Wolf sy praktyk ...
Lees meer..

Anna Emm Storie: ‘n Vlooi in die Vakansiebus

Voordat ons verlede Desember die lang pad see toe aangepak het, het ek hierdie Anna Emm luisterstorie CD aangekoop: 'n Vlooi in die Vakansiebus.  Dit was dadelik 'n nuwe gunsteling! ...
Lees meer..

Gratis Luisterstorie: Wie het Sirkie Sebra se stepe gesteel?

Hier is 'n lekker gratis luisterstorie vanaf Anna Emm se gewilde Storie Omnibus!  Die stories op hierdie dubbel CD is 'n waarborg vir 'n prettige vakansie, veral wanneer daar baie ...
Lees meer..

Anna Emm Storie: Die Musiekman se Kat

Hier onder is 'n uittreksel uit "Die Musiekman se Kat", een van ons gunsteling Anna Emm stories.  (Let daarop dat dit nie 'n volledige storie is nie). Die musiekman woon ...
Lees meer..

Gratis Luisterstorie: Prins Pieter en die ruimteman

Hier is 'n heerlike gratis luisterstorie uit die pen van Anna Emm: https://www.youtube.com/watch?v=i3TfpKF_OPQ Hou julle ook van die storie?  Hoeveel sterre gee julle hierdie storie? ...
Lees meer..

Gratis Luisterstorie: Adam en Eva

Hierdie luisterstorie van Anna Emm is gratis beskikbaar op Youtube: https://www.youtube.com/watch?v=c8BMus-XaZU Geniet jy en/of jou kinders hierdie storie?  Kies hier onder hoeveel sterre julle hierdie storie sal gee ...
Lees meer..