Anna Emm bestellings

Ten spyte van al die gratis items wat op die internet beskikbaar is, het ek oor die jare ‘n stapel Anna Emm stories aangekoop.  Die gehalte van Anna Emm se stories is uitstaande, die stories is geweldig kreatief en sonder bose, bangmaak elemente.  Dit is ook perfekte verjaarsdaggeskenkies vir maatjies, veral aangesien die meeste van vandag se kindertjies reeds kaste vol speelgoed het.

 

Bestel ‘n Anna Emm produk in 3 maklike stappe:

  • Kontak my en laat weet watter produk/te jy wil bestel.
  • Betaal via EFT (ek sal my rekeningdetails bevestig wanneer jy bestel).
  • Gaan haal jou produk/te in Potchefstroom wanneer ek laat weet dat dit gereed is (3 – 7 dae), of ontvang dit vanaf die koerier.

As jy in Potchefstroom se omgewing is, kan jy jou bestelling by my kry of gaan afhaal by Nicky se Soos Nuut Kinder boetiek by 54 Peter Mokaba Laan, Potchefstroom, 2531.

Alternatiewelik kan FedEx dit na jou toe koerier teen R55 per bestelling.

Hier onder wys Google Maps waar in Potchefstroom Soos Nuut Kinder boetiek geleë is: