Xander Afrikaans App: Spel

My Graad 1 dogtertjie kom onlangs by die huis met 300 woorde wat hulle moet leer spel vir die WOW (Woorde Open Wêrelde) Spelkompetisie.  Dit is ‘n wonderlike inisiatief, maar sjoe!  Dit is darem baie woorde vir iemand wat nog sukkel om skoenveters vas te maak.

Later by die netbaloefening, sê een van die pappas die towerwoorde:  “Daar is ‘n app daarvoor..”  (Ek verwys natuurlik na die spelwoorde hier, nie die skoenveters vasmaak nie..)

Ek het dadelik Xander se Graad 1 & 2 Afrikaanse Spel app gaan aflaai teen R24.99!  Dit is ‘n oulike app wat ek beslis sal aanbeveel.  Daar is ook ‘n weergawe vir Graad 3 – 7, en nog ‘n weergawe vir Graad 8 – 10.  Dit is beskikbaar in die Google Play Store vir Android en ook in die iTunes Store vir iPhones en iPads.

Dit gaan steeds harde werk verg om daardie 300 woorde onder die knie te kry, maar ek is seker die app gaan die werk vir my kleinding ‘n bietjie lekkerder maak.

Daar is ook nog ‘n hele verskeidenheid ander Afrikaanse apps, sowel as apps in Engels, Xhosa, Zulu, Swahili, Tswana, Shona en Sotho – alles deur Xander ontwikkel.  Wel gedaan, Xander! Ek is baie beïndruk!  Besoek gerus hulle webblad vir meer inligting oor hierdie oulike maatskappy en die apps wat deur hulle beskikbaar is.

Rating: 5.0. From 1 vote.
Please wait...

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>
*
*