Gratis Tel-app: Xander 123 in verskeie Inheemse Tale

Ek het reeds ‘n blog artikeltjie geskryf oor die website Xander se oulike betaal-apps, met fokus op hulle spel-apps.

Hulle het ook ‘n paar gratis apps beskikbaar wat help om kleintjies te leer tel tot by 10.  Iets wat regtig oulik is van hierdie gratis leer-tel-apps, is dat hulle beskikbaar is in: Afrikaans, Engels, Xhosa, Zulu, Swahili, Tswana, Shona en Sotho!  Dit is beskikbaar in die Google Play Store vir Android en ook op iTunes vir iPads and iPhones.

Ek het die Tswana-weergawe afgelaai, Xander Tswana 123, aangesien my dogtertjie in Graad 1 Tswana het as Tweede Addisionele Taal.

Hoewel die Xander 123 apps natuurlik nie ‘n Graad 1’tjie lank sal boei nie, is dit tog oulik om die Tswana (of ander tweede addisionele taal) woorde in ‘n app ook te hoor.  Kindertjies wat nog besig is om te leer tel, sal moontlik langer daarmee speel.  Die app is ‘n opvoedkundige app en dalk minder ‘entertaining’ as ander apps, maar as ‘n kind se mamma saam met haar kleinding die app ‘speel’, is ek egter hy/sy sal speel-speel leer tel tot by 10 – in sy/haar moedertaal.

Xander 123 kry by my 5 sterre, deels omdat ek voel dat dit baie ondernemend van hulle is om apps in soveel inheemse tale te skryf!  Wat dink julle?

Besoek gerus Xander se webblad vir meer inligting oor hierdie oulike maatskappy en die apps wat deur hulle vervaardig.

 

Rating: 5.0. From 1 vote.
Please wait...

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>
*
*