Gratis Luisterstorie: Die Lelikste Dier in die Hele Wêreld

Hierdie voorlesing van die boek, Die Lelikste Dier in die Hele Wêreld (deur Jenny Robson), is gratis beskikbaar gestel deur Ukufunda in samewerking met Grahamstown Friends of the Library.

Hier is ‘n beskrywing van die storie (soos gevind op Loot.co.za se webwerf):

“Dis ‘n pragtige dag in die Afrika-bos. Wanika kan nie wag om buite te gaan speel nie. Hy weet sommer die dag wat voorle gaan vol pret wees. Toe hy die impalas by die waterpan sien, besluit hy om nader te gaan. Impalas is vir hom die mooiste diere: lank en statig en grasieus. “Mag ek saam met julle speel?”, vra hy, vol afwagting. “Gaan weg”, kom die antwoord, “ons wil jou nie hier naby ons he nie.” “Maar hoekom nie?” vra Wanika. En toe kom die antwoord: “Want jy’s lelik, dis hoekom.” En hulle draai van Wanika af weg. In hierdie prenteboek word die belangrike onderwerp van selfbeeld ondersoek. Twee vlakvarkies wil by al die diere weet: is ons lelik? Is ons die lelikste diere in die hele wereld?”

Die storie is ‘n ideale inleiding daarvoor om ‘n gesprek met jou kind aan te knoop oor selfbeeld, en oor uiterlike versus innerlike skoonheid.

Luister hier na die storie:

 

As jou kinders die storie geniet, kan jy uitkyk vir die gedrukte storieboek in boekwinkels.  Dit is geskryf deur Jenny Robson en word uitgegee deur Tefelbertg Uitgewers.

Aangesien hierdie ‘n besonderse storie is wat reguit praat oor die moeilike tema van selfbeeld en aanvaarding, gee ek dit 5 sterre.  Hoeveel sterre sal jy en/of jou kinders toeken?

 

 

 

Rating: 5.0. From 3 votes.
Please wait...

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>
*
*