Gratis Afrikaanse Videoliedjies: Lollos

Ek is seker daar is min mammas van kleuters wat nog nie van Lollos gehoor het nie.  Baie mammas moes om die waarheid te sê al so baie keer daarna luister dat hulle waarskynlik kreun as hulle die woord “Lollos” hoor.

Hier is Die Paddakonsert (met Bobby Van Jaarsveld):

 

Dit is merkwaardig hoe Alta, Mienki en die res van die Lollos-span dit reggekry het om vir hulle so ‘n gewilde besigheid te vestig binne-in die relatiewe klein, Afrikaanse mark vir Afrikaanse kindervermaak.  Daar is ‘n goeie rede vir hulle gewildheid:  hulle musiek en aanbiedinge is uiters kreatief, propvol energie en perfek geskik vir kleuters en klein kinders.  Dit behandel vele relevante en opvoedkundige temas.  Dit moedig ook kinders aan om saam te dans en laat lyk dit sommer lekker om aktief te wees en rond te spring.

Alta en Mienki het ‘n paar Lollos-videotjies gratis op youtube beskikbaar gestel.  Dit is die tipe media wat ek graag gebruik om my dogtertjie se aandag af te trek wanneer ek haar hare vleg – iets waarvan sy glad nie baie hou nie.

Die gratis youtube videotjies se kwaliteit is nie altyd wonderlik nie en dit is die enigster rede waarom Lollos se youtube liedjies 3 sterre kry.  (Die kwaliteit van die videos wat aangekoop kan word is baie goed en dit sou 5 sterre kon verdien as die resensie daaroor gehandel het.)

Hoeveel sterre gee julle vir Lollos se youtube videotjies?

 

Rating: 4.0. From 2 votes.
Please wait...

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>
*
*