Gratis Videostories: Liewe Heksie

Op SABC se youtube-kanaal is agt Liewe Heksie videotjies.  Ek het goeie herinneringe daaraan om Liewe Heksie te kyk as kind.

Op ‘n positiewe noot is Liewe Heksie ‘n reeks waarmee baie ouers gemaklik voel aangesien hulle dit ook in hulle kinderdae gekyk het.

Ek wys egter in alle eerlikheid nie graag Liewe Heksie vir my kinders nie, aangesien daar deesdae vele stories is wat vir my meer opvoedkundig en kindervriendelik is.  Koning Rosekrans se onbeskofte, arrogante persoonlikheid steek my ook deesdae dwars in die krop.  Ek hou glad nie van hoe hy vir Liewe Heksie behandel nie!  Ek gee die reeks 3 sterre.

 

Rating: 3.0. From 1 vote.
Please wait...

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>
*
*