Anna Emm Storie: ‘n Vlooi in die Vakansiebus

Voordat ons verlede Desember die lang pad see toe aangepak het, het ek hierdie Anna Emm luisterstorie CD aangekoop: ‘n Vlooi in die Vakansiebus.  Dit was dadelik ‘n nuwe gunsteling!  Dit is ook van al ons kinderCDs my man se gunsteling, met die gevolg dat dit steeds dikwels in ons kar geluister word.  Koos Kombuis is die voorleser van hierdie verbeeldingryke stories.

Die Van der Merwes het ‘n vakansiebus wat heel jaar lank onder die bome in hulle agterplaas in Pretoria staan.  Een keer ‘n jaar word die vakansiebus onder die bome uitgetrek, skoongemaak, volgelaai en reggemaak vir die langpad see toe.  Vrederalie die vlooi is ook lus vir ‘n vakansie.  Maar Mosselaai is ver, en toe die Van der Merwes se vakansiebus by die petrolstrasie in Bloemfontein stop, besluit Vrederalie om in te spring en saam te ry… met skreeusnaakse gevolge!

Hier is ‘n uittreksel (let wel, nie ‘n volledige storie nie) uit ‘n Vlooi in die Vakansiebus:

Stories op die CD:
1. Waar die vlooi opgeklim het
2. Waar die wiel weggerol het
3. Waar hulle vir Ouma verloor het
4. Waar hulle opgeëindig het

Nie net ek en die kinders nie, maar ook my man gee vir hierdie storie 5 sterre nie!  Hoeveel sterre gee julle aan ‘n Vlooi in die Vakansiebus?

Die CD kan bestel word vir R100.

Rating: 3.7. From 3 votes.
Please wait...

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>
*
*