Gratis Luisterstorie: Babalela

Sedert ons die eerste keer op Babalela se storietjie (geskryf deur Martie Preller) afgekom het, was my kinders verlief op die klein, pers diertjie.

“Babalela is die Sesothowoord vir kleintjie, en dis dan ook waar die Babalela sy naam vandaan kry. Die Babalela is ‘n diertjie soos wat geen mens ooit tevore gesien het nie, en hy woon in die bos. Dan kom ‘n man eendag verby, en kom op die ongewone diertjie af. Getrou aan die mens se aard, vang hy die Babalela en neem hom saam sodat die eienaardige verskynseltjie ondersoek kan word. Die verhaal vertel van die Babalela se avontuur en die gelukkige afloop daarvan.”  Die boek is geskryf deur Martie Preller en word uitgegee deur LAPA Uitgewers.

Hierdie gratis voorlesing van die Babalela-storie word gelees deur Ruda Landman en ek het dit gevind by Ukufunda. in samewerking met Grahamstown Friends of the Library.

 

As jou kind van die storie hou, kan uitkyk vir die gedrukte storieboek.  Dit is beskikbaar by Loot en Takealot.  Kyk ook uit vir Dulinda Pieters se pragtige CD met die Babalela-stories, asook Babalela-liedjies op, beskikbaar by Loot en Takealot.

Iets wat die storie besonders maak as dit kan help om kinders weerbaar te maak in moeilike omstandighede.   Kinders kan identifiseer daarmee dat die Babalela ‘n klein wesentjie is sonder enige superkragte, met die uitsondering dalk van sy harde, bulderende stemmetjie.  Net soos die Babalela, mag kinders ook “Nee!” sê wanneer omstandighede dit vereis.  Litnet het ‘n artikel gepubliseer oor die invloed wat die Babalela-storie gehad het op skoolkinders in Kewtown, ‘n arm Kaapse woonbuurt geteister deur bendegeweld.

Die gewildheid van die Babalela het gelei tot opvolg boeke, soos “Diep, diep in ‘n donker bos”, “Los ons uit!” en “Ons kan!”.

Aangesien die Babalela-storie so mooi is en aangesien my kinders dit oor en oor wil luister, gee ek dit 5 sterre.  Wat dink julle van die storie?

Rating: 4.0. From 10 votes.
Please wait...

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>
*
*