Anna Emm Storie: Die Musiekman se Kat

Hier onder is ‘n uittreksel uit “Die Musiekman se Kat”, een van ons gunsteling Anna Emm stories.  (Let daarop dat dit nie ‘n volledige storie is nie).

Die musiekman woon in ‘n groot klipkasteel op die rotse by die see – daar waar hy niemand kan pla wanneer hy sy note en sy wysies speel nie. Hy woon daar saam met sy kat, Karalie.  Wanneer die musiekman besluit om op ‘n wêreldreis te gaan, vra hy vir Karalie om die kasteel op te pas tot hy terugkom. Maar vreemde dinge gebeur…

Stories op die CD:
1. Alleen in die groot kasteel
2. Vier-en-veertig hasies
3. Wie bestuur die lugballon?
4. Die groot storm

Ek en my kinders luister graag in die aand na “Die Musiekman se Kat” as dit slaaptyd is en die ligte al af is, maar as Klaas Vakie nog nie ons huis besoek het nie.  Chris Chameleon, die voorleser, se rustige stem is perfek vir ‘n laataand storie.

Die CD kan bestel word vir R100.

Het julle al hierdie storie geluister?  Hoeveel sterre gee jull “Die Musiekman se Kat” van Anna Emm?

Rating: 5.0. From 1 vote.
Please wait...

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>
*
*