Gratis eBooks: Oxford library

‘n Wonderlike, gratis biblioteek van Engelse elektroniese boeke is beskibaar by www.oxfordowl.co.uk.  Daar is meer as 250 beskikbaar!  Dit is nodig om te registreer op die webwerf.  Wanneer jy ingeteken is, gaan na die Free eBook Library blad.

Maak seker dat jy op eBooks ‘filter’, soos ek hieronder wys.  Al die boeke met ‘n geel ‘e’ is gratis elektroniese boeke.

My kinders is lief daarvoor om eBoeke te lees wanneer ek staan en aandete kook, veral op aande wat dit te nat, koud of donker is vir buite speel.  Ek laat my kinders self ‘n boek uitkies.  Hulle kan dan met die pyltjies deur die boek ‘blaai’, terwyl ‘n stem vir hulle die storie lees.  Terwyl die storie gelees word, word die ooreenstemmende woorde op die bladsy vir die kind ge’highlight’.  Ouer kinders kan dus die teks volg terwyl gelees word.

Soms sit hulle op my skoot voor die rekenaar en dan ‘lees’ ons die boeke saam.  Om op jou mamma se skoot te sit wanneer ‘n boek gelees word bly eenvoudig ‘n treffer!

Daar is onder andere Biff, Chip and Kipper boeke beskikbaar.  My Graad 1 dogtertjie wat op die oomblik die Afrikaanse weergawe van hierdie reeks in die skool gebruik lees deesdae graag hierdie eBoeke.

Daar is nog ‘n klomp ander waardevolle inligting wat jy en jou kinders ook mag interessant vind, maar die biblioteek is ons gunsteling en kry dus 5 sterre.  Wat dink jou kinders van hierdie elektroniese biblioteek?

Rating: 5.0. From 1 vote.
Please wait...

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>
*
*