Storiemuis reeks

Die Storiemuis reeks in oorspronklik in die 1980’s uitgegee deur Human en Rousseau.  Dit was in die laaste jare van sy lewe een van Leon Rousseau se ideale om weer die reeks gepubliseer te sien vir vandag se Afrikaanse kinders.

Die reeks is in 2015 en 2016 gepubliseer in 6 uitgawes wat elk ‘n boek en ‘n CD insluit. Ek het die 6 uitgawes een na die ander opgeraap soos wat dit vrygestel geword het.

My kinders was dadelik verlief op die pragtige illustrasies.  Tussendeur leer die boeke hulle syfers, letters, rympies, stories en liedjies.  My dogtertjie is veral lief om na skool op die bank op te krul met ‘n storiemuis boek in die handjies terwyl sy (vir seker die honderdste maal) na die CD luister.

In teenstelling met die Storieman reeks (wat volgens my nie regtig vir kleuters geskik is nie), is Storiemuis se stories en prentjies mooi en sal nie jou kinders bang maak nie.  Die teikengroep is kinders van 2 jaar tot 5 jaar, maar my Graad 1 dogtertjie van 6 is nog net so lief vir Storiemuis as toe ons dit meer as ‘n jaar gelede aangekoop het.

Ek het my boeke aangekoop en laat aflewer deur Loot.  Aflewering is gratis as jy meer as jy twee boeke gelyktydig bestel en dit is heerlik wanneer die koerier voor die huis stop met ‘n ‘present’ vir die kinders (of soms vir my)!

Ek sien wel Storiemuis is op die oomblik ‘n bietjie goedkoper by Takealot en aflewering is weereens gratis as jy ten minste 2 boeke op ‘n slag bestel.

Luister en Lees julle ook die Storiemuis reeks?  Kies hoeveel sterre julle vir Storiemuis wil gee en wys so vir die ander Storiekadorie-maatjies of julle daarvan hou.

 

Rating: 5.0. From 1 vote.
Please wait...

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>
*
*