Gratis Afrikaanse Apps: Dieretuinpret en ander

Solidariteit het deur sy Helpende Hand inisiatief ‘n paar gratis apps vir Afrikaanse kinders beskikbaar gestel wat ek hoog kan aanbeveel.  Hier is hulle website:  leesapp.co.za

Die apps se doel is om kinders te help om te leer lees en skryf.  Hier is ‘n video van Solidariteit wat die apps bekend stel:

My kinders se gunsteling is Dieretuin pret, beskikbaar in die Google Play Store en ook die Apple Store.  Dit is eerder ‘n elektroniese boek as ‘n rekenaarspeletjie.  Jou kind druk op die pyltjies om in die boek te ‘blaai’.  Kleingoed wat al kan lees kan die storie self lees, maar ‘n mens kan ook kies dat die storie deur ‘n voorleser gelees word.  Die kwaliteit van die stem, die prentjies en die teks is alles van hoogstaande gehalte.

Dit kan natuurlik ‘n probleem wees as jou kleintjie JOU slimfoon begin sien as SY of HAAR slimfoon..!  Ek het egter die app op my foon en dit is vreeslik gerieflik in daardie moeilike tydjies wat ‘n mens in ‘n ry by die bank staan met 2 woelige, verveelde kinders in ‘n supermarktrollie, of met ‘n ongelukkige kind moet wag in die dokter se spreekkamer.

My kinders speel ook graag Skryfpret (Google Play, Apple Store) en Hoofletterpret (Google Play, Apple Store).

Ek sien daar is nou ‘n nuwe app beskikbaar sedert ek laas na Helpende Hand se apps gekyk het – Sigwoorde Pret.  Jippee!  Ek het dit sommer dadelik gaan installeer.

Daar is ook teen R40 (posgeld uitgesluit) ‘n leesboekie beskikbaar waarin jou kleingoed fisies kan blaai deur die avonture van Zak by die dieretuin.  Die boekie se naam is ‘n Dag by die Dieretuin en dit is beskikbaar by leesapp.co.za.

Oor die Alfabet Pret app:  Ek kon in die verlede nie Alfabet Pret kry om te werk nie (het net gehang), maar het pas weer probeer en dit lyk of dit dalk nou sal werk  ‘n Mens moet egter die leesboekie koop om die app te kan gebruik.  Alfabet Pret gebruik nuwe tegnologie, naamlik versterkte realiteit.  Sjoe, ek is nou lekker nuuskierig om dit uit te probeer!  Ek dink sal later weer ‘n post hieroor doen as ek Alfabet Pret kon kry om te werk en die boekie aangekoop het.

As jy die apps geniet, oorweeg om vir Solidariteit ‘n donasie te gee vir hulle goeie werk. (Ek is geensins aan hulle verbonde nie en my versoek is dus heeltemal onafhanklik.)  Kontak Helpende Hand by:
012 644 4390
0861 25 24 23
abc@helpendehand.co.za
www.helpendehand.co.za

Wat dink julle van Solidariteit se Helpende Hand apps?  En en my kinders gee dit beslis 5 sterre!

Rating: 5.0. From 1 vote.
Please wait...

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>
*
*