Gratis Luisterstories: Poen en Toekie

Poen en Toekie is ‘n reeks stories wat aan RSG (Radio Sonder Grense) behoort.  Daar is 227 Poen en Toekie episodes gratis beskikbaar op iono.fm.  Elke episode is 5 minute lank.

Episodes 24 – Hier is die eerste episode wat beskikbaar is op iono.fm:

Poen en Toekie is opvoedkundige en vermaaklike stories wat perfek is vir ouer kleuters en laerskoolkinders.  Dit is moontlik om die stories af te laai tot op jou eie rekenaar, hoewel jy elke episode apart moet gaan aflaai.

Ons luister graag die stories in die kar via ‘n USB memory stick.  Al wat my pla is dat die kenwysie redelik hard is in verhouding met die res van die storie, natuurlik sodat RSG luisteraartjies die kenwysie maklik kan hoor en nader skuif vir die storie.  In die kar is dit minder ideaal.

Die Kersfeesepisode het ‘n Christelike inslag en boodskap, hoewel die ander episodes meestal sonder verwysings na godsdiens is.

Geniet jou gesin ook Poen en Toekie stories?  Hoeveel sterre gee julle vir Poen en Toekie?  Laat jou kinders gerus in die kommentaar ‘n resensietjie skryf om te sê wat hulle dink van Poen en Toekie.

Rating: 4.3. From 3 votes.
Please wait...

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>
*
*