Gratis Videos, Speletjies en Apps: Peppa Pig (Engels)

Peppa Pig is ‘n bekende klein varkie op Brittanje se BBC kanaal.  Ek was aanvanklik nie in my skik daarmee dat die karaktertjies in Peppa Pig lief is daarvoor om te snork nie!  Peppa, haar gesin en maatjies het egter sedertdien een van ons gunsteling video-reekse geword.

Hier is ‘n saamgestelde video van ‘n paar Peppa Pig episodes:

Die taalgebruik in die videos is puik, die humor is skerp, Peppa is vrolik en innemend, en die situsies wat uitgebeeld word is tipiese scenarios waarmee voorskoolse kinders kan identifiseer.  Die karakters is oor die algemeen vriendelik, hulpvaardig en mekaar goedgesind.

Hier is ‘n link na die playlists op Peppa Pig se amptelike YouTube kanaal, wat ure se gratis video stories bevat:  Peppa Pig – The Official Channel:  playlists

As jou kinders Peppa Pig-liefhebbertjies is en jy is op soek na speletjies en apps, kan jy gaan kyk op die Peppa Pig webwerf.  (Die webwerf het outomatiese klank, so moet dit net nie by die werk oopmaak om te kyk nie!!  Tensy jy jou rekenaar se luidspreker afgeskakel het.)  Op die website sal jy die volgende vind:

  • Vyf gratis online speletjies
  • Selfoon apps vir beide Android en Apple slimfone met links waar jy dit kan kry.  (In die Google Playstore vir Android apps is daar tans 2 gratis Peppa Pig apps en 4 ander moet jy koop.)
  • Idees vir ander prettige aktiwiteite wat nie ‘n TV- of rekenaarskerm vereis nie.

As jou kleingoed eers lief is vir Peppa Pig, kan jy oorweeg om ook Peppa Pig boeke te koop.  Dalk is dit al wat nodig is om ‘n ewige liefde vir lees by hulle te kweek.  Laat sit hulle verkieslik op jou skoot terwyl hulle daardeur blaai, dan ervaar jou kleintjie daardie lekker gevoel van geborgenheid wat talle kindertjies deur die jare al lief gemaak het vir lees.  Daar is vele Peppa Pig boeke beskikbaar in boekwinkels.  Ek bestel ook graag vanaf Loot of Takealot en het al lekker specials daar gevind.

Laat jou kleingoed gerus in die kommentaar aandui of hulle van Peppa Pig hou!  Hoeveel sterre gee julle vir Peppa Pig?

Rating: 3.3. From 3 votes.
Please wait...

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>
*
*