Gratis Rekenaarspeletjie, Videos en Bordspeletjies: Teach your Monster to read (Engels)

Een van ons gunsteling aanlyn-rekenaarspeletjies is Teach your Monster to Read.

Hier is ‘n video met inligting oor hierdie oulike speletjie:

Om te speel moet ‘n kind vir homself ‘n monstertjie ‘bou’ uit verskillende liggaamsdele en kledingstukke.  Die speletjie is ‘n ‘quest’ (soektog) na verskillende voorwerpe wat kinders op ‘n ontdekkingstog neem deur die ruimte en tot by vreemde planete.  Tussen al die pret deur, leer die kind om na klanke en woorde te luister, en die spelling van verskeie sigwoorde en fonetiese klanke.

Dit is ‘n Engelse speletjie en sommige kenners is van mening dat ‘n kind eers in sy moedertaal moet leer lees en skryf.  Daar is egter verskeie sieninge hieroor.  In my opinie het hierdie speletjie baie bygedra daartoe dat my kinders geïnteresseerd is in lees en reeds verskeie aspekte van lees vroeg reeds onder die knie gehad het, bv. herkenning van letters.  Ek glo nie dat daar een reël is wat vir alle kinders geld nie.

My kinders het sedert hulle 3 jaar oud was die speletjie geniet en my dogtertjie speel dit as 6-jarige nog steeds graag wanneer ek toelaat.  Beide my kinders love die speletjie.

Teach your Monster to Read se youtube-kanaal het ‘n oulike Monster liedjies playlist met liedjies wat vir kinders letters se klanke leer met snaakse liedjies.  Hier is een van die liedjies in die playlist:

Dit is ongewoon vir so ‘n uitmuntende rekenaarspeletjie en webwerf om geheel en al gratis te wees.  Die speletjie word egter befonds deur ‘n liefdadigheidsorganisasie (Usborne Foundation).  Daar is wel apps te koop vir Android, Kindle, iPad en iPhone apps by die App StoreGoogle Play en Amazon.

By Teach your Monster to Read is daar ook idees vir aktiwiteite, asook ander hulpbronne wat geprint kan word, onder andere bordspeletjies, plakkate en speelkaarte.

As julle reeds Teach your Monster to Read gespeel het, vertel gerus in die opmerkings wat julle daarvan dink.  Hoeveel sterre gee julle vir Teach your Monster to Read?  Ek gee dit sonder huiwering ‘n fantastiese vyf!

Rating: 5.0. From 2 votes.
Please wait...

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>
*
*