Storiekadorie? Hier’s die storie..

Storiekadorie is hier om hulpbronne en riglyne aan ouers te verskaf sodat hulle hul kinders op ‘n konstruktiewe, veilige manier kan bloot stel aan al die tegnologiese wonders waarmee vandag se kinders groot word, insluitende luisterstories, videostories, rekenaarspeletjies en apps.

Dit is seker ‘n bietjie ontstellend vir tieners as jou ma en pa nog kan onthou hoe die eerste selfone gelyk het, of hoe ons lewens gelyk het voor die bestaan van die internet – of selfs voor die bestaan van TV!  Hoe is dit moontlik dat mense kon reis of enige nuwe plek kon vind voor GPS navigasie?

Nuwe tegnologie hou altyd vir ‘n samelewing nuwe geleenthede, sowel as nuwe bedreigings in.  Dit is ons as ouers se verantwoordelikheid om ons kinders op te voed om die nuwe geleenthede wat moderne tegnologie vir hulle bied met beide hande te kan aangryp sonder om vas te val in die gevare wat dieselfde tegnologie vir hulle kan inhou.  Daai is egter makliker gesê as gedaan!

My webwerf is nog splinternuut (geregistreer aan die begin Februarie 2017)!  Ek het nog baie planne daarmee, soos om binne die volgende weke nog ‘n klomp items, riglyne en artikels by te voeg.

Die teikengroep is tans kleuters en klein kinders (laerskoolouderdom).  Hierdie teikengroep sal moontlik uitbrei soos wat my eie tweetjies groei (Jacobus is 4 en Esti is 6).

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>
*
*